Ras en ekonomiese geleenthede is in SA verbindApril 21, 2023

ActionSA se leier, Herman Mashaba, sê in die Suid-Afrikaanse werklikheid is daar ‘n sterk verband tussen ras en maatskaplik-ekonomiese geleenthede. Hy het by die party se baanbrekende beleidsproses se bekendstelling in Johannesburg gepraat in aanloop tot die eerste beleidskonferensie in September. Mashaba sê vir ActionSA beteken geen rassisme nie kleurblindheid nie, maar ‘n aanvaarding dat almal aktief moet saamwerk om ‘n samelewing te bou waar ras nie ‘n individu se geleenthede beïnvloed nie: