Oudminister Maureen Mungunda is in ‘n pekelApril 21, 2023

Die voormalige arbeidsminister Maureen Mungunda bevind haarself in ‘n penarie. Volgens wat berig word in plaaslike media skuld sy ‘n gastehuis 27 000 Namibiese dollar wat sy sê sy nie kan betaal nie omdat sy werkloos is. Sy het aangebied om 500 dollar maandeliks terug te betaal maar die eienaar van die Naita-Namwaala Essence Africa-gastehuis, Martha Nambabi, het dit geweier. Daar word berig dat Mungunda by die gastehuis met ‘n kollega aangedoen het en gesê het hulle werk aan ‘n projek om ‘n boek oor Hendrik Witbooi te skryf, in opdrag van die Sam Nujoma-stigting. Die voorsitter van die stigting, oudpremier Nahas Angula, sê daar is geen goedkeuring by die stigting aangevra nie en dus, kan hy nie die rekening dra nie.