Oud-Bok het geen kommer oor Nienaber se uittrede en Wêreldbeker nie

Die voormalige Springbok Ryan Kankowski sê hy is optimisties oor die toekoms van die nasionale span. Dit volg op die aankondiging dat die Bok-afrigter, Jacques Nienaber, ná vanjaar se Wêreldbeker-toernooi gaan uittree. Hy sal hom by die Ierse reus Leinster aansluit. Kankowski sê hy dink nie die tydsberekening van Nienaber se aankondiging sal die Springbokke se Wêreldbeker-voorbereiding belemmer nie. Hy sê ‘n nuwe afrigter kan opwindend wees vir die span: