Oliver Dowden is nuwe Britse adjunk-premier

Die Britse regering het Oliver Dowden as die nuwe adjunk-eerste minister aangewys nadat sy voorganger, Dominic Raab, bedank het. Raab se bedanking volg ‘n dag nadat ‘n verslag oor bewerings dat hy sy kollegas boelie, aan die eerste minister, Rishi Sunak, oorhandig is. Raab het onderneem dat hy sal bedank indien die onafhanklike ondersoek bewyse van afknou-gedrag vind.