Nangombe: Polio moet wêreldwyd uitgewis word
Volgens die uitvoerende direkteur in die Namibiese gesondheidsministerie, Ben Nangombe, is die Afrika-streek vry verklaar van alle soorte wilde polio in 2020 na sowat vyf jaar van geen rekord in die streek nie. In November 2021 het die streek egter ‘n nege gevalle van wilde polio tipe 1 in Malawi en Mosambiek bevestig met ‘n skakel na Pakistan wat endemies bly. Onlangs was daar polio-virusse in Botswana bevestig. Nangombe maan dat niemand veilig is totdat polio in alle wêrelddele uitgeroei word nie.