Kommer oor ambulanstekorte in landelike gebiede
Sedert ‘n ambulans in 2015 deur Seaflower aan die klein gemeenskap van Aus in die Suide geskenk is, het die regering dit na Lüderitz verskuif. In geval van ongelukke, neem nooddienste nou ure om Aus te bereik. Ná Donderdag se noodlottige treinongeluk tussen Aus en Lüderitz, is die noodsaaklikheid van ambulansdienste in afgeleë landelike gebiede weer eens beklemtoon. Namibian Marshal Ranger Sean Naude het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.