Hage en Cyril vra vir skietstilstand in Sudan

President Hage Geingob en sy Suid-Afrikaanse ampsgenoot Cyril Ramaphosa, doen ‘n beroep vir ‘n skietstilstand in Sudan. Hulle het die oproep gemaak tydens Geingob se staatsbesoek aan die buurland. Bloedige gevegte en botsings tussen die Sudanse weermag en die magte van die Rapid Response Force duur nou reeds ses dae. Die twee leiers het die geweld veroordeel, wat reeds tot die dood van 300 mense gelei het terwyl meer as 3 000 beseer is. Ramaphosa het die konflik as onnodig beskryf: