Grond is kern tot armoedeverligting, op verskeie vlakke

Grond is ‘n kritieke vereiste om armoede aan te spreek en sosiale en ekonomiese vooruitgang te bewerkstellig. Baie Namibiërs het steeds nie toegang tot grond of besit ‘n stuk grond vir residensiële of besigheidsdoeleindes nie. Bekostigbaarheid bly egter ‘n uitdaging, die meeste mense kan net huise of grond in die prysklas tussen 80 000 en 200 000 Namibiese dollar bekostig. Kosmos 94.1 Nuus het met James Uerikua, goewerneur van die Otjozondjupa-streek, gepraat, wat ‘n beroep op plaaslike owerhede doen om grond beskikbaar te stel deur die versnelde grondlewerings-program. Uerikua sê munisipaliteite mis dikwels die punt deur inkomste-genererende ontwikkelingsprojekte te skep, wat grond vir die meerderheid onbekostigbaar maak.