Eskom kry SA-nuusmaker van 2022 toekenning
Eskom het die Nasionale Persklub in Suid-Afrika se toekenning vir 2022 se Nuusmaker van die Jaar ontvang by ‘n geleentheid wat in Pretoria gehou is. Dit word toegeken volgens die hoeveelheid mediadekking wat ontvang is en die gevolglike uitwerking daarvan. Die kragverskaffer het die titel as Nuusmaker van die Jaar ook in 2008 en 2019 ontvang. Die Nasionale Persklub se voorsitter, Antoinette Slabbert, sê dit was ‘n maklike besluit om Eskom as die nuusmaker aan te wys omdat hulle almal hulpeloos moes toekyk hoe kragonderbrekings Suid-Afrikaners se lewensbestaan negatief beïnvloed.