Appèlhof bevind vertoon van ou SA vlag is haatspraak
AfriForum gaan ‘n regsmening inwin oor sy volgende stappe nadat die Appèlhof in Bloemfontein ‘n uitspraak bekragtig het dat die openlike vertoon van die ou Suid-Afrikaanse vlag haatspraak is, ook in privaatheid. Die organisasie verduidelik sy standpunt oor die aangeleentheid beteken nie dat hy die vertoon van die vlag ondersteun of nie ware haatspraak teenstaan nie. ʼn Woordvoerder van AfriForum, Ernst van Zyl, voer aan die wet moet nie ingespan word om mense te beskerm omdat hulle gekrenk voel nie.