Angolees vas oor brutale aanval op bokke

Die polisie in die Omusati-streek het ‘n 39-jarige Angolese man aangekeer nadat hy na bewering 36 bokke ter waarde van 57 000 Namibiese met ‘n stok en pyp op hul koppe, bekke, snoete en oë geslaan het omdat hulle glo aan spanspekke en bone in sy werkgewer se mahangu-veld gewei het. Na bewering het hy die bokke daarvandaan verskuif en sy vriend laat kom. Die twee het toe glo nadat hulle die bokke geslaan het, die oë van sowat vier bokke uitgesteek. Die bokke het ernstige beserings opgedoen, insluitend gebreekte kake en oop wonde.