Al J&J se talk-sake eers op ys geplaas

’n Amerikaanse regter het die meeste van die tienduisende regsgedinge wat beweer dat Johnson & Johnson se babapoeier en ander talkprodukte kanker veroorsaak het gestaak, en enige verhore afgelas. Regter Michael Kaplan het die stap geneem na ‘n versoek van die maatskappy terwyl hy poog om ‘n permanente skikking met huidige eisers te bereik wat ook geld vir toekomstige regsgedinge opsy sal sit. Daar is 8,9 miljard Amerikaanse  dollar opsy gesit vir eisers in die talk-sage.