Volksmoord-herdenking Saterdag op LüderitzApril 20, 2023

Die Ovaherero Tradisionele Owerheid en die Nama Tradisionele Leiersvereniging bied op 22 April ‘n Volksmoord-herdenkingsdag in Lüderitz by Shark-eiland aan. Shark-eiland was ‘n konsentrasiekamp met ‘n massagraf van slagoffers van teregstelling deur Duitse Schutztruppe tussen 1904 en 1908. Kosmos 94.1 Nuus het met Sima Luipert, ‘n lid van die tegniese komitee van die Nama Tradisionele Leiersvereniging gesels oor die herdenking.