Transito-rooftogte in SA styg met 24%April 20, 2023

Die Transito-vereniging van Suid-Afrika sê transito-rooftogte het in die eerste drie maande van die jaar met 24 persent gestyg teenoor dieselfde tydperk verlede jaar. Volgens die hoof van die vereniging, Grant Clark is 40 persent van die transito-rooftogte in Gauteng aangemeld. Die tweede meeste is in die Oos-Kaap aangemeld, gevolg deur Mpumalanga en Limpopo. Vroeër vandeesmaand is nege vermeende transitorowers in ‘n skietery met die polisie in Sebokeng in die Vaaldriehoek dood. Clark sê die toename in rooftogte het ‘n negatiewe impak op die bedryf, sowel as die land se ekonomie.