Rust hervat verfilming in MontanaApril 20, 2023

Verfilming van Alec Baldwin se Rust-rolprent het hervat, sowat 18 maande nadat dit gestaak is deur die noodlottige skietvoorval van die fliek se kinematograaf, Halyna Hutchins. Die regisseur Joel Souza is beseer. Baldwin is van manslag aangekla en het onskuldig gepleit. Die stel het na die Amerikaanse deelstaat Montana verskuif. Vervaardigers het in Februarie aangekondig dat die lae-begroting ‘Western’ produksie sal hervat, met die oorlede kinematograaf se wewenaar, Matthew Hutchins, wat as ‘n uitvoerende vervaardiger dien. Baldwin het ingestem tot verskeie bepalings met ‘n New Mexikc-hof wat hom sal toelaat om die verfilming van die fliek te voltooi, insluitend ‘n verbod op hom om gewere te gebruik of alkohol te drink.