Petrolprys in SA kan in Mei stygApril 20, 2023
Motoriste in die buurland moet hulle staal vir ʼn veel hoër petrolprys volgende maand aangesien die internasionale prys van olie hoog bly. Volgens die jongste data van die Sentrale Energiefonds sal die prys van petrol na verwagting met tussen 74 en 80 sent per liter styg weens die koste van internasionale produkte waaraan die petrolprys gekoppel is. Die prys van diesel sal na verwagting met tussen 18 en 41 sent daal.