Namibiese toerisme-sektor bly groei
Die Namibiese toerisme-sektor lyk steeds belowend en gereed vir verdere groei in 2023. Die aantal buitelandse aankomste was gemiddeld 11 431 per maand gedurende die eerste twee maande van 2023, vergeleke met ‘n maandelikse gemiddelde van 5 223 in die eerste twee maande van 2022. Buitelandse aankomste het op ‘n jaar-grondslag met 107 persent in Februarie 2023 toegeneem, volgens Simonis Storm se jongste toerisme-verslag. Buitelandse aankomste in die afgelope 12 maande maak ongeveer 82 persent van pre-pandemiese vlakke uit, terwyl streeks-aankomste ongeveer 79 persent van pre-pandemiese vlakke bereik het. Die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië, Gitta Paetzhold, deel haar opgewondenheid met Kosmos 94.1 Nuus.