Kolisi se lewensverhaal in New York te sienApril 20, 2023

Die Springbok-rugbykaptein, Siya Kolisi, se lewensverhaal sal in Junie op die Tribeca-fees in New York deur internasionale gehore gesien word. Rise: The Siya Kolisi Story, sal sy ondersteuners wys waar alles in Zwide in die Oos-Kaap begin het tot waar hy die span in 2019 na Wêreldbeker-oorwinning lei. Die internasionale geleentheid sluit 109 rolprente van 127 rolprentvervaardigers uit 36 lande in. Die opbrengs uit Rise: The Siya Kolisi Story word geskenk aan verskeie organisasies wat die Kolisi-familie ondersteun.