Kinders in Kunene-streek kry skoeneApril 20, 2023

Altesaam 1 647 kaalvoetkinders in die Kunene-streek sal die naweek elk ‘n splinternuwe paar skoene ontvang deur die Project Never Walk Alone-inisiatief. Die stigter van die twee jaar oue projek, Tim Ekandjo, sê die projek verteenwoordig die drome van elke kind in Namibië. Van die 1 647 splinternuwe pare Namibies-vervaardigde leerskoene is vir die eerste fase in die Kunene-streek geoormerk, met 531 kinders in Kamanjab wat die eerstes sal wees om die skoene te ontvang, gevolg deur 604 kinders by Outjo, waarnal 512 kinders by Khorixas. In totaal het 7 821 kinders tot dusver by Project Never Walk Alone baat gevind.