DA het kommer oor aanvalle op gesondheidswerkersApril 20, 2023

Die DA in Gauteng sê dis ontstellend dat soveel hospitaalwerkers aangerand word terwyl hulle op diens is. Die LUR vir Gesondheid, Nomantu Nkomo-Ralehoko, het bekend gemaak dat 61 aanvalle op hospitaalpersoneel sedert die begin van die jaar aangemeld is. Die meeste is deur pasiënte met geestesversteurings uitgevoer. Jack Bloom van die DA sê sekuriteit moet opgeskerp word en fasiliteite vir pasiënte met geestesversterings moet by hospitale ingerig word om die gevaar van geweld teen personeel te verminder: