Walvisbaai-burgmeester: Paaie word herstel
Die Walvisbaaise burgemeester, Trevino Forbes, het gesê dat die munisipaliteit pogings aanwend om die padinfrastruktuur-probleme van die dorp op te los. Hy het bygevoeg dat hy ‘n aanbod 200 miljoen Namibiese dollar van die Padfonds-administrasie ontvang het om te help met die herstel van paaie in die kusdorp. Hy het bevestig onderhoud aan paaie het reeds begin. Taxibestuurders in Walvisbaai het geëis dat die munisipaliteit onmiddellik van die vervalle paaie herstel, met die bewering dat die swak paaie voertuie beskadig. Hulle het ‘n petisie aan die burgemeester oorhandig.