Suid-Afrika se beeld beskadig deur beurtkrag, gryslys en Thabo Bester
’n Handelsmerkkenner is bekommerd oor die mate waarin misdaad en politiek die land se reputasie aftakel. Thebe Ikalafeng glo Suid-Afrika moet drasties herbesin oor hoe om wetteloosheid en maatskaplike euwels in hulle spore te stuit. Hy sê die sage oor Thabo Bester se ontsnapping, tesame met beurtkrag en die gryslys, benadeel die land se handelsmerk: