Saftu ondersteun etiese ondersoek na parlementslede

Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde ondersteun die hofsaak wat #UniteBehind teen die parlement se etiese komitee aanhangig gemaak het. Die doel is om die komitee aanspreeklik te hou omdat hulle nie gereageer het op ‘n klag wat in Augustus ingedien is nie. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê in die klag word ses ANC-parlementslede beskuldig dat hulle staatskaping gefasiliteer en moontlik gemaak het deur nie hulle vertrouenspligte na te kom nie: