Sacu hou volgende week vergadering in Windhoek

Die Suider-Afrikaanse Doeane-unie, Sacu, gaan ‘n strategiese vergadering van senior handelsbeamptes van Sacu volgende week in Windhoek hou. Die beamptes van die handelsministeries van die Sacu-lidlande sal die vergadering op 24 April onder leiding van die koninkryk van Eswatini se handelsminister Siboniso Mkambule bywoon. Handels-ontwikkeling- en riglyne oor die implementering van ooreenkomste en beleidsverwante kwessies sal onder meer bespreek word.