Plunderaars van VBS Mutual Bank moet gestraf word

ActionSA in Limpopo het die ANC se oproepe verwelkom dat mense wat verantwoordelik was vir die plundering van die VBS Mutual Bank verantwoordelik gehou en gestraf moet word. Die woordvoerder, Sello Lediga, sê egter die party bly skepties of daar enige gevolge sal wees in die strafregstelsel teen skuldiges wat die kwesbaarste mense in die provinsie van hul geld ontneem het.