Nuwe SABC-raad te laat aangestel
Die People’s Media Consortium sê ondanks die aankondiging van ‘n nuwe raad van direkteure by die SABC wat te laat gebeur het, het President Cyril Ramaphosa ‘n energieke span aangestel. Ramaphosa het vir Khathutshelo Ramukumba as voorsitter en Nomvuyiso Batyi as sy adjunk aangestel. Noemenswaardige toevoegings sluit in die voormalige tesourier van die EFF, Magdalene Moonsamy, en TV-gasheer, Mpho Tsedu. Die organisasie se woordvoerder, Hassan Logart, het gesê die lede sal moet bewys hulle kan as ‘n span saamwerk.