NTE wil streekstoerisme bevorder

Die Namibiese toerisme-sektor is besig om te herstel en die omgewingsministerie fokus ook op die bevordering van streekstoerisme. Die Namibiese Toerisme-ekspo 2023 wat deur Namibia Media Holdings, NMH, aangebied word, vind volgende week van 26 tot 28 April by die Windhoek Country Club and Resort in die hoofstad plaasvind. Die tema vir vanjaar is “Beyond Borders” en bevorder toerisme in die SAOG-streek. Maggy Mbako, skakelbeampte van NMH, deel hul opgewondenheid oor die ekspo met Kosmos 94.1 Nuus.