Nanso reageer op NSFAF se befondsing tekorte
Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie het sy reaksie gegee op NSFAF se lys van begunstigdes. NSFAF het vanjaar 30 124 aansoeke ontvang, wat ‘n 30 persent-verhoging vanaf 2022 is. Altesaam 22 178 van die studente, of 74 persent, wat aansoek gedoen het, kom in aanmerking vir befondsing. Dit beteken sowat 7 900 aansoekers kon nie lenings kry om hul tersiêre studies te finansier nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Dylan Mukoroli, ‘n lid van Nanso gepraat wat ‘n beroep op studente doen om hul lenings terug te betaal.