Marokko se voedselpryse styg ook  

Die Marokkaanse ministerie van landbou het sy kommer uitgespreek oor die verhoogde voedselpryse, wat veroorsaak het dat die land se uitvoer-geleide landboumodel bevraagteken word. Daar was in Marokko, bekend vir sy landbou-uitvoere, ‘n 20-persent toename in inflasie op voedselpryse. Minister Mohamed Sadiki skryf die hoë voedselpryse toe aan stygende grondstof-onkoste, droogte en koue wat die tamatie-oes vertraag het. Die hoof van Marokko se beplanningskommissie, Ahmed Lahlimi, sê inflasie sal hoog bly tensy die land sy aanbod, produktiwiteit en voedselverspreiding verbeter.