Handelsministerie bied werkswinkel aan vir SME’s
Die Namibiese handelsministerie nooi mikro-, klein en medium ondernemings uit om aansoek te doen vir ‘n drie daagse opleidings-werkswinkel. Hierdie opleiding sal in al 14 streke onderneem sal word. Die opleiding het ten doel om entrepreneurs te help om hul besighede suksesvol te bestuur. Die opleiding sal hoofsaaklik fokus op finansiële bestuurs-aspekte soos besigheidsbeplanning, vooruitskatting, rekordhouding, begroting en finansiële state. Die opleiding sal in twee fases in Mei en Junie aangebied word. Slegs 100 aansoekers sal per streek oorweeg word. Elijah Mukubonda, skakelbeampte van die ministerie gee meer besonderhede aan Kosmos 94.1 Nuus.