DA vra vir kalmte by Gautengse skole

Die DA in Gauteng sê leerders in sommige skole regoor die provinsie het verlede week enkele skooldae misgeloop omdat gemeenskappe onderrig ontwrig het. Gemeenskappe betoog oor ʼn gebrek aan aller-noodsaaklike leerhulpbronne wat verhinder dat gehalte onderrig by skole plaasvind. ʼn Woordvoerder van die DA, Khume Ramulifho, eis dat die provinsiale departement van onderwys dringend maatreëls instel om kalmte en bestendigheid te bewerkstellig by alle skole wat geraak word.