Openbare lesing oor gas en olie by NustApril 17, 2023
Die ontdekking van olie en gas aflandig in Namibië verlede jaar is op almal se lippe en het wêreldwye openbare belangstelling in dié sektor verhoog. Die visekanselier van die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie dr. Erold Naomab, nooi Namibiërs uit na die eerste openbare lesing vir 2023 oor petroleum-aktiwiteite in Namibië onder die tema “The Journey of Oil and Gas”. Die lesing vind by Nust se ouditorium op Donderdag 20 April vanaf vyf-uur die middag tot half-nege die aand plaas. Die kommunikasiedirekteur van Recon Africa Ndapewoshali Shapwanale sê aan Kosmos 94.1 Nuus die lesing bied aan die publiek die geleentheid om vrae te vra.