Franse aftree-ouderdom mag na 64 verhoog wordApril 15, 2023
Frankryk se konstitusionele raad het beslis dat die aftree-ouderdom in dié land van 62 tot 64 verhoog mag word en het ‘n versoek deur die opposisie vir ‘n referendum oor die kwessie verwerp. Die raad het beslis dat die regering se besluit grondwetlik is en daarom goedgekeur word. Die Franse regering het in Maart sy spesiale bevoegdheid gebruik om die hervormings deur te voer sonder dat die parlement gestem het. Betogers wat die hervormings teenstaan, het sedert Januarie al twaalf betogings gehou waarvan sommige in geweld ontaard het.