Bester-medepligtige het talle paspoorteApril 14, 2023
Die Suid-Afrikaanse minister van binnelandse sake, Aaron Motsoaledi het bevestig Thabo Bester se meisie, Nandipha Magudumana, het talle paspoorte by haar gehad toe sy en die Facebook-verkragter en -moordenaar ‘n week gelede in Tanzanië in hegtenis geneem is. Die minister het aan die media gesê die mediese dokter het twee paspoorte gehad wat behoort aan nog ‘n dokter, Martha Ntshani, wat ook bekendstaan as Dokter Pashy. Die minister het bevestig een van die paspoorte het verval.