Cyril onderteken Wysigingswet op Billike IndiensnemingApril 13, 2023
President Cyril Ramaphosa het die Wysigingswetsontwerp op Billike Indiensneming as wet bekragtig. Sy woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die wetgewing het ten doel om die transformasie van die land se werksmag te bevorder. Daar sal van ondernemings verwag word om transformasie-planne op te stel omdat dit diversiteit en billikheid in werkplekke bevorder. Magwenya sê die wet laat ook die minister van indiensneming en arbeid toe om billikheids-teikens vir indiensneming vir ekonomiese sektore in te stel.