Rugby: RG Snyman speel weer vir MunsterApril 12, 2023

Rugby: Die Springbokslot RG Snyman gaan sy Ierse span, Munster, in twee Verenigde Kampioenskapwedstryde in Suid-Afrika verteenwoordig. Hy het onlangs weer begin speel nadat hy herstel het van ‘n vlaag beserings. Snyman hoop steeds hy kan terugkeer na sy beste spelpeil om oorweeg te word vir Suid-Afrika se groep vir die Wêreldbekertoernooi in Frankryk. Munster pak die Stormers Saterdag in Kaapstad en die Haaie volgende naweek in Durban in hulle laaste twee groepswedstryde van die kompetisie.