Omgewinsgroep eis oplossing vir kragkrisis April 12, 2023
Die omgewingsregte-groep, The Green Connection, het die Suid-Afrikaanse regering opnuut versoek om Artikel 6 van die Wet op Nasionale Energie van 2008 te aktiveer om die land se energie-probleme te probeer oplos. Die organisasie en die Omgewings-instituut van die Suider-Afrikaanse Geloofs-gemeenskappe het vroeër vanjaar ‘n hofaansoek gebring om die artikel in werking te stel. Die voorspraak-beampte, Kholwani Simelane, beskuldig President Cyril Ramaphosa daarvan dat hy weier om die artikel te aktiveer terwyl baie burgers in die duisternis sit weens beurtkrag.