Kameras by Thabo Bester se sel was buite werkingApril 12, 2023

Twee sentrale beheerbeamptes van die veiligheidsmaatskappy het nie die beleid van die Mangaung Korrektiewe Sentrum gevolg toe Thabo Bester verlede jaar ontsnap het onder die voorwendsel dat hy dood is in ‘n brand nie. Die direkteur van die maatskappy Cobus Groenewoud, het die justisie en korrektiewe dienste-komitee in die parlement ingelig dat dit die maatskappy was wat die polisie bedag gemaak het op ‘n vreemde petrolreuk in Bester se sel terwyl sy dood steeds as selfdood hanteer is. Groenewoud sê die kringtelevisie-stelsel het ten volle gewerk, behalwe vir die kameras in die Broadway-eenheid waar Bester se sel en die administratiewe gebou is.