Franse seevaarder het nog nie Karibiese Eilande bereikApril 12, 2023
Die Nasionale Seereddingsinstituut in Kaapstad het gevra dat seevaarders en reisigers op die Atlantiese Oseaan tussen die Afrika-kuslyn en die Karibiese Eilande, op die uitkyk moet wees vir ‘n Franse seevaarder. Die 56-jarige Emmanuel Dailer het tien dae gelede op ‘n solo-vaart op sy seiljag, Aquila Two, vanaf die Houtbaaise seiljagklub vertrek. Hy het nog nie sy eindbestemming bereik nie.