Jonk en innoverend? Die VN soek jou!April 10, 2023

Die Verenigde Nasies se Omgewingsprogram het ‘n nuwe talentwerwingsprogram, met die titel die Jong Talent-pyplyn, in vennootskap met die VN-Vrywilligersprogram van stapel gestuur. Die doel daarvan is om diversiteit van ondervindings en oplossings te vind vir die kwessies van klimaatsverandering, die verlies van die natuur, en besoedeling en afval. Die program is op soek na jong, passievolle en vaardige talent uit wêrelddele wat nie gewoonlik deelnemers oplewer nie om by die organisasie aan te sluit en omgewingsbewaarders van die toekoms te word. Aansoeke sluit op 15 Mei.