Emosionele wen vir Rahm by AugustaApril 10, 2023
Die Spanjaard Jon Rahm was na aan trane nadat hy die Meesterstoernooi gewen het. Hy het sy tweede major-titel gewen op dieselfde dag wat sy held en gholflegende Seve Ballesteros sy 66ste verjaarsdag sou vier. Rahm het ‘n agterstand van vier houe uitgewis na ‘n marathon-dag van 40 putjies om weer die nommer een speler op die wêreldranglys te wees. Gure weer het die toernooi op Augusta National ontwrig en sommige spelers moes eers hulle tweede ronde voltooi. Die Amerikaners Brooks Koepka en Phil Mickelson het in die gesamentlike tweede plek geëindig. Suid-Afrika se Charl Schwartzel was in die gesamentlike 50ste plek.