Viktor Bout sê Trump moet skuiling in Rusland soekApril 8, 2023

Die Russiese wapenhandelaar Viktor Bout, wat verlede jaar uit ‘n Amerikaanse tronk bevry is, het die Amerikaanse oudpresident Donald Trump aangemoedig om skuiling in Rusland te soek aangesien sy lewe in gevaar is. Bout, ook bekend as die “Merchant of Death”, is in Desember vir die Amerikaanse basketbalster Britney Griner in ‘n hoëprofiel-gevangenewisseling tussen Moskou en Washington verruil. Op Telegram skryf Bout dat hy glo Trump se lewe is in gevaar en dat die Biden-administrasie nie sal ophou om hom te viktimiseer nie. Hy sê ook dat hulle eerder Trump se lewe sal beëindig voor hulle hom toelaat om in hulle pad te staan. Hy sê Trump sal ‘n veilige hawe in Rusland vind en kan van daar die stryd vir die Amerikaanse volk lei.