Tsai-besoek aan VSA: McCarthy sê die wêreld is veiliger met dialoogApril 6, 2023

Speaker van die Amerikaanse Huis, Kevin McCarthy, het die Taiwanese President Tsai Ing-wen in Kalifornië onthaal, en is die mees senior Amerikaanse amptenaar wat ‘n Taiwanese leier op Amerikaanse bodem in dekades ontmoet het. Gesprekke het gehandel oor wapenverkope aan Taiwan en die besoek het reeds reaksie uit China gelok wat baie ongelukkig is daaroor. Intussen is Franse President Emmanuel Macron in China op besoek aan sy eweknie Xi Jinping. McCarthy het met die media oor die besoek gesels.