Kankervereniging herdenk 55 jaar van sorg
Die Kankervereniging van Namibië is in 1968 deur dr. AB May gestig en herdenk vanjaar 55 jaar van die voorkoming van kanker. Vir die volgende 55 werksdae sal die vereniging 550 Namibiërs by die gemeenskap-sorgsentrum verwelkom om hul jaarlikse toetse vir die drie mees algemene kankers – bors-, servikale en prostaatkanker – vir slegs 55 Namibiese dollar te doen. Kosmos 94.1 Nuus het met Rolf Hansen, die uitvoerende hoof van die vereniging, gesels…