Geen koper vir Rossmund-gholfbaan op veilingApril 5, 2023

Die Rossmund-gholfbaan sou vandag opgeveil word na ‘n hofbeslissing in die guns van die Ontwikkelingsbank van Namibië. Volgens inligting is geen koper op die veiling gevind nie. Die reserweprys is op 8,46 miljoen Namibiese dollar vasgestel met 10 persent wat by die veiling betaal moet word en die balans, binne 14 dae. Die hofuitspraak is bekom deur ‘n aansoek vir ‘n verstekvonnis in die hoërhof. Die bank sê die geslote korporasie het nie sy leningsverpligtinge nagekom nie. Die uitvoerende hoof van die bank, Martin Inkumbi, wou geen inligting oor vandag se veiling aan Kosmos 94.1 Nuus verskaf nie.