Italië verbied ChatGPTApril 3, 2023
Italië se databeskermingswaghond het ‘n onmiddellike verbod op toegang tot Open AI se gewilde kunsmatige intelligensie chatbot, ChatGPT, geplaas, weens beweerde privaatheidskendings. Amerikaanse media haal die Italiaanse Nasionale Owerheid vir Persoonlike Data aan wat sê ChatGPT het ‘n data-inbraak gehad waarby gebruikers se gesprekke en betaalinligting van intekenaars betrokke is. ChatGPT het sedert sy bekendstelling verlede jaar uiters gewild geword. Dit het gebruikers beïndruk met sy vermoë om ingewikkelde sake goed te verduidelik, in verskeie style en tale te skryf, gedigte te skryf en selfs eksamens te slaag.