Pous Franciskus lei vandag Palmsondag-misApril 2, 2023

Pous Franciskus sal vandag die Palmsondag-mis in die St. Petrusplein in die Vatikaan lei. Die 86-jarige pous is Woensdag in die hospitaal opgeneem met asemhalingsprobleme, Bronchitis is later by hom gediagnoseer. Hy is Saterdag uit die hospitaal ontslaan. Vandag se mis is die eerste diens in die besige kerkweek wat Paasfees voorafgaan. Hy sal volgens ‘n verklaring van die Vatikaan ook volgende Sondag die Paasmis lei.