NEFF veroordeel Okahandja-skietery

Die Namibiese Economic Freedom Fighters-party het hom sterk uitgespreek teenoor die skietery van die vyf vermeende rowers op Okahandja die week. In ‘n verklaring sê die party hy het kommer omdat die Namibiese polisie nog nie ‘n amptelike verklaring in verband met die insident uitegereik het nie – en doen ook nie so met ander misdade nie. Die party het vermoedelik ‘n fout gemaak toe hy in die verklaring sê hy veroordeel NIE misdadigheid nie. Hy sê die polisie moet misdaad beheer maar meen dat opleiding in sulke gevaarlike insidente ontbreek. Hy sê verder daar is kommer oor die Windhoek Stadspolisie wat polisiëring op Okahandja toepas. Die party sê die Swapo-regering moet werkloosheid aanspreek om sodoende, misdaad te bekamp.