Proteas sal moet uithaal en wysMarch 31, 2023

 Suid-Afrika moet die naweek beide eendagwedstryde teen Nederland wen om ‘n realistiese kans te hê om dadelik te kwalifiseer vir die Wêreldbekertoernooi in Indië in Oktober en November. Indien hulle dit nie doen nie, sal hulle aan ‘n kwalifiseringstoernooi moet deelneem. Die eerste wedstryd word vandag in Benoni gespeel en die tweede, Sondag op die Wanderers in Johannesburg. Die Protea-paaltjiewagter, Quinton de Kock, hoop die gashere kan hul goeie kolfwerk voortsit: