Obrador beloof aanspreeklikheid na Mexiko-brand
Mexiko se president Andrés Manuel López Obrador het beloof diégene wat verantwoordelik is vir die dood van 39 mense tydens ‘n brand by ‘n migrantesentrum, sal nie ongestraf bly nie. Die brand het uitgebreek toe ‘n groep migrante matrasse aan die brand gesteek het. Video-beeldmateriaal toon hoe beamptes in uniform blykbaar van die toneel wegstap terwyl die brand woed. Die aangehoudendes bly agter tralies toegesluit. Aanklaers sê hulle het nege verdagtes geïdentifiseer wat vermoedelik vir die sterftes verantwoordelik is.